Geseënde Christus Fees

By Laluchia Botha · Dec 25, 2025
Geseënde Christus Fees picture

Vandag gaan my hart uit vir: elkeen wat in die hospitaal is. Elkeen wat siek is. Elkeen wat op moed verlore vlakte is. Elkeen wat ‘n geliefde verloor het en wat so erg verlang dat dit voel of jou hart uit ritme uit is en niemand anders kan hulle plek vul nie. Elkeen wat nie by hulle families kon uitkom nie. Elkeen wat nie bevoorreg is om die Christus fees te kan vier nie. Elkeen wat die jaar teleurstelling ervaar het en nog daardeur moet werk. Vir elkeen wat huweliks probleme het. Elkeen wat familieloos is of voel hulle is die swart skaap van die familie. Elkeen wat alleen is.   Elkeen wat swaar kry.

Ek wil ‘n oomblik vat om vir jou te sê jy is: sterk, uniek, bekwaam, uitverkies, nooit alleen, geliefd, pragtig oorwin, genoeg, geskape, vergewe en spesiaal. God het ‘n fingerafdruk vir jou gegee wat niemand anders het nie sodat jy ‘n afdruk kan maak wat niemand anders kan nie. Weet dat jy onvervangbaar is in God se oë.

Wees geduldig, vriendelik en verdraagsaam die fees seisoen. Onthou altyd jy mag dalk langs iemand staan wat stil weg hard probeer om nie uitmekaar uit te val nie. So wat ookal jy doen laat vriendelikheid jou hart lei. 

Kom ons wees dankbaar vir alles wat ons al klaar het, sien uit vir dit wat ons nog wil hê en vertrou op God vir dit wat ons nodig het.   

Mag julle vrede, liefde en dankbaarheid ervaar. Dankie dat jy deel is van my lewe en ‘n Seën is vir my. Mag jy die grootste geskenk van alle tye Jesus se nabyheid en liefde in volheid ervaar. Dankie dat jy die tyd gevat het om te lees tot die einde toe.

Liefde

Laluchia Botha 🌺🫶🏻

Share on

Comments

No comments yet.
Click here to contact us on WhatsApp